Jeremiah 42:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor dan nou die woord van die HERE, o oorblyfsel van Juda! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: As julle julle aangesig heeltemal rig om in Egipte in te gaan en daar as vreemdeling te gaan vertoef; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Luister dan gerus na wat die Here sê oor die mense wat in Juda oorgebly het. “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘As julle volhou om na Egipte te gaan en daar te gaan woon, |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom hoor dan nou die woord van die HERE, o oorblyfsel van Juda! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: As julle werklik julle aangesig rig om na Egipte te trek en weggaan om daar as vreemdelinge te vertoef, |
| Afrikaans 1983 | hoor dan die woord van die Here, julle wat van Juda oor is! So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: As julle vas besluit het om Egipte toe te gaan en julle gaan woon daar, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | nou dan, hoor daarom die woord van die Here, oorblyfsel van Juda! So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “As julle vas van voorneme is om na Egipte te gaan, en julle gaan om as •vreemdelinge daar te woon, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [15-16] Dit is wat julle sê, maar dan moet julle nou luister na wat die Here vir julle sê wat oorgebly het van die mense van Juda. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle was bang vir oorlog. As julle vas besluit het om na Egipte te gaan en om daar vreemdelinge te wees, dan sal die oorlog daar in die land Egipte na julle toe kom. En julle is bekommerd dat julle honger sal wees, maar die honger sal daar altyd by julle wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As dit is wat julle sê, luister dan gerus wat die Here sê vir die groep van julle wat in Juda oor is. Die Here wat die God van Israel is en sterker is as alles en almal, sê: As julle vasskop en sê dat julle in Egipte wil gaan bly, |