Jeremiah 42:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê: Nee; maar ons sal na Egipteland gaan, waar ons geen oorlog sal sien en die geluid van die basuin nie sal hoor en nie honger sal hê na brood nie; en daar sal ons woon:
Afrikaans (NLV) 2011 Nee, ons wil in Egipte gaan bly! Daar sal ons vry wees van oorlog en die geluid van die ramshoring wat mense oproep vir oorlog of hongersnood aankondig.’
Afrikaans 1933/1953 en sê: Nee, maar ons sal na Egipteland trek waar ons geen oorlog sal sien of basuingeluid sal hoor of honger na brood sal hê nie, en daar wil ons woon --
Afrikaans 1983 as julle sê: “Nee, ons wil Egipte toe waar ons nie oorlog sal sien nie, nie die ramshoring sal hoor blaas om te gaan veg nie en nie honger sal ly nie, ons wil daar gaan bly”,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sê, “Nee, na Egipteland wil ons gaan, waar ons nie oorlog sal beleef of die geluid van •ramshorings sal hoor, of broodgebrek sal ly nie; daar wil ons bly” ’ ” –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sê: ‘Nee, ons wil na Egipte gaan. Daar sal nie oorlog wees nie, ons sal nie die ramshoring hoor blaas nie. En ons sal genoeg kos hê. Ons wil daar gaan woon.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ‘Nee, ons wil in Egipte gaan bly! Daar sal ons vry wees van oorloë, van oproepe om te gaan baklei en van ’n skaarste aan kos.’