Jeremiah 42:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wees nie bevrees vir die koning van Babel vir wie julle bang is nie; Wees nie bevrees vir hom nie, spreek die HERE, want Ek is met jou om jou te verlos en jou uit sy hand te red.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie langer vir die koning van Babel bang wees nie, sê die Here. Ek sal julle nie in die steek laat nie. Ek is by julle teenwoordig. Ek sal julle van sy oorheersing vrymaak.
Afrikaans 1933/1953 Vrees nie vir die koning van Babel vir wie julle bang is nie; wees nie vir hom bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met julle om julle te verlos en julle uit sy hand te red.
Afrikaans 1983 Moenie so bang wees vir die koning van Babel nie, moenie vir hom bang wees nie, sê die Here, want Ek is by julle om julle te red en julle uit sy mag te bevry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie bang wees vir die koning van Babilonië, vir wie julle so bevrees is nie! Moenie vir hom bang wees nie,’ is die uitspraak van die Here, ‘want Ek is by julle om julle te verlos en julle uit sy hand te red.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie bang wees vir die koning van Babel nie, julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle om julle te red en julle vry te maak van hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie bang wees vir die koning van Babel nie. Ek sal julle nie in die steek laat nie. Ek is by julle. Ek sal sorg dat hy nie langer oor julle baasspeel nie.