Jeremiah 42:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As julle nog in hierdie land wil bly, dan sal Ek julle bou en julle nie afbreek nie, en Ek sal julle plant en julle nie uitruk nie; want Ek het berou oor die kwaad wat Ek julle aangedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Bly hier in die land. As julle dit doen, sal Ek julle opbou en nie afbreek nie. Ek sal julle plant en nie ontwortel nie. Ek is jammer oor al die ellende wat Ek julle moes aandoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle rustig in hierdie land bly, sal Ek julle bou en nie afbreek nie, en julle plant en nie uitruk nie; want Ek het berou oor die onheil wat Ek julle aangedoen het. |
| Afrikaans 1983 | As julle in hierdie land bly, sal Ek julle bou en julle nie plat slaan nie, julle vestig en julle nie afbreek nie. Ek sal die ramp wat Ek oor julle gebring het, nie verder voer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘ As julle inderdaad in hierdie land bly, sal Ek julle opbou en nie afbreek nie; Ek sal julle plant en nie uitruk nie, want Ek het berou oor die onheil wat Ek julle aangedoen het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle aanhou woon in hierdie land, dan sal Ek julle bou, Ek sal julle nie afbreek nie. Ek sal julle plant, Ek sal julle nie uitruk nie, want Ek is jammer dat Ek julle laat swaarkry het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet hier in die land bly. As julle dit doen, sal Ek opbouend met julle werk. Ek sal nie dat dit met julle sleg gaan nie. Soos ’n boom sal Ek julle plant dat julle kan vestig en groei. Ek sal nie met julle maak soos ’n mens met ’n plant maak wat jy wil uitroei nie. So ’n plant trek ’n mens wortel en al uit die grond uit. Ek is jammer oor al die slegte dinge wat julle moes deurgaan. |