Jeremiah 41:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar daar is tien mans gevind onder die wat vir Ismael gesê het: Moenie ons doodmaak nie, want ons het skatte in die veld: koring en gars en olie en heuning. En hy het dit verlaat en hulle nie onder hulle broers gedood nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die tien wat oorgebly het, het Ismael gesmeek om hulle nie dood te maak nie. Hulle het belowe dat hulle vir hom die koring, gars, olie en heuning sou gee wat hulle in die veld versteek het. Hy het hulle toe nie doodgemaak nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar onder hulle was daar tien man wat vir Ismael gesê het: Maak ons nie dood nie, want ons het verborge voorrade in die veld: koring en gars en olie en heuning. Toe het hy daarvan afgesien en hulle nie saam met hulle broers gedood nie. |
| Afrikaans 1983 | Die ander tien mans het vir Ismael gesê: “Moet ons nie doodmaak nie, ons het koring en gars en olie en heuning wat in die veld weggesteek is!” Hy het hulle toe laat staan en hulle nie saam met hulle vriende doodgemaak nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar tien van die manne onder hulle het vir Ismael gesê: “Moet ons nie doodmaak nie, want ons het weggesteekte voorrade in die veld – koring, gars, olyfolie en heuning.” Toe het hy daarvan afgesien, en hulle nie saam met hulle volksgenote doodgemaak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Tien van die mans het vir Ismael gesê: “Jy moet ons nie doodmaak nie, want ons het baie koring, gars, olyf-olie en heuning in die veld weggesteek.” Ismael het toe nie die tien mans doodgemaak saam met die ander mans nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tien wat oorgebly het, het Ismael gesmeek om hulle nie dood te maak nie. Hulle sou vir hom die koring, gars, olie en heuning gee wat hulle in die veld opgegaar het. Hy het hulle toe nie doodgemaak nie. |