Jeremiah 41:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ismael, die seun van Netánja, het uit Mispa uitgegaan om hulle te ontmoet, terwyl hy al die tyd geween het; en terwyl hy hulle ontmoet, sê hy vir hulle: Kom na Gedalja, die seun van Ahikam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ismael het uit Mispa gegaan om hulle te ontmoet terwyl hy droewig gehuil het. Toe hy by hulle kom, sê hy: “Kom kyk wat het met Gedalja seun van Agikam gebeur!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gaan Ismael, die seun van Net nja, hulle tegemoet uit Mispa, terwyl hy aldeur loop en huil; en toe hy hulle teëkom, sê hy vir hulle: Kom na Ged lja, die seun van Ah¡kam! |
| Afrikaans 1983 | Ismael seun van Netanja het hulle huil-huil uit Mispa tegemoet gegaan, en toe hy by hulle kom, sê hy vir hulle: “Kom saam na Gedalja seun van Agikam toe!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ismael, seun van Netanja, het hulle al huilend uit Mispa tegemoetgegaan. Toe hy by hulle kom, sê hy vir hulle: “Kom in na Gedalja, seun van Agikam!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ismael het uit Mispa gegaan om hulle te ontmoet. Toe hy by hulle kom, het hy gehuil en vir hulle gesê: “Kom na Gedalja toe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ismael het uit Mispa uitgegaan om hulle te ontmoet. Hy was droewig aan die huil. Toe hy by hulle kom, het hy gesê: “Kom eers na Gedalja toe voordat julle verder gaan.” |