Jeremiah 41:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat daar sommige uit Sigem, uit Silo en uit Samaria gekom het, tagtig man, met hulle baarde geskeer en hulle klere geskeur en hulleself gesny, met offers en reukwerk in hulle hand, om hulle na die huis van die HERE te bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het 80 mans uit Sigem, Silo en Samaria aangekom. Hulle baarde was afgeskeer, hulle klere in repies geskeur en hulle het hulleself gesny soos hulle gerou het. Hulle was op pad na die tempel toe om vir die Here graanoffers te bring en ook wierook te brand. |
| Afrikaans 1933/1953 | kom daar manne van Sigem, van Silo en van Samar¡a, tagtig man, met afgeskeerde baard en geskeurde klere, wat hulleself stukkend gekerwe het; en spysoffer en wierook was in hulle hand om dit na die huis van die HERE te bring. |
| Afrikaans 1983 | kom daar tagtig mans uit Sigem, Silo en Samaria aan. Hulle baarde was afgeskeer, hulle klere geskeur en hulle was vol wonde wat hulle hulleself toegedien het. Hulle het graanoffers en wierook by hulle gehad wat hulle na die huis van die Here toe wou bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het daar tagtig manne uit Sigem, Silo en Samaria aangekom wat hulle baarde afgeskeer, hulle klere geskeur en hulleself stukkend gekerf het. Hulle het graanoffers en wierook by hulle gehad met die doel om dit na die huis van die Here te neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | *** |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het 80 mans uit Sigem, Silo en Samaria in die Mispa-omgewing aangekom. Elkeen se baard was afgeskeer en hulle klere in repies geskeur. Hulle het ook snye aan hulle lywe gehad. Dit was duidelik dat hulle besig was om te rou. Hulle was op pad na die Here se tempel toe. Hulle wou daar vir Hom graanoffers bring en ook wierook brand. |