Jeremiah 41:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ter wille van die Chaldeërs, want hulle was bang vir hulle, want Ismael, die seun van Netánja, het Gedalja, die seun van Ahikam, gedood, wat die koning van Babel as goewerneur in die land aangestel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle was bang vir wat die Babiloniërs sou doen omdat Ismael Gedalja vermoor het. Dit was dan juis die Babiloniese koning wat vir Gedalja as goewerneur van Juda aangestel het.
Afrikaans 1933/1953 vanweë die Chaldeërs; want hulle was vir hulle bevrees, omdat Ismael, die seun van Net nja, Ged lja, die seun van Ah¡kam, verslaan het, wat deur die koning van Babel oor die land aangestel was.
Afrikaans 1983 weg van die Galdeërs af. Hulle was bang vir die Galdeërs omdat Ismael seun van Netanja vir Gedalja seun van Agikam vermoor het, die man wat deur die koning van Babel in bevel van die land geplaas was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) weg van die Galdeërs af; want hulle was bang vir hulle. Ismael, seun van Netanja, het immers vir Gedalja, seun van Agikam, vir wie die koning van Babilonië in die land aangestel het, neergevel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want hulle was bang vir die Galdeërs omdat Ismael vir Gedalja vermoor het. Gedalja was die man vir wie die koning van Babel gekies en aangestel het om oor die land te regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle was bang vir wat die Babiloniërs sou doen omdat Ismael vir Gedalja vermoor het. Dit was dan juis die Babiloniese koning wat Gedalja as bestuurder van Juda aangestel het.