Jeremiah 41:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het weggetrek en gaan woon in die woonplek van Kimham wat by Betlehem is, om te gaan om in Egipte in te gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het vertrek en by Gerut-Kimham naby Betlehem oorgebly. Van daar sou hulle na Egipte toe gaan.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het weggetrek en vertoef in Gerut-Kimham wat naby Betlehem lê, om verder na Egipte te trek,
Afrikaans 1983 Joganan-hulle het vertrek en by Gerut-Kimham naby Betlehem oorgebly met die bedoeling om na Egipte toe te gaan,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het vertrek en oorgebly by Gerut-Kimham naby Betlehem, om van daar af verder te gaan en Egipte te bereik,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het vir 'n kort tyd gaan woon op die stuk grond wat aan Kimham behoort het, dit was naby Betlehem. Hulle wou na Egipte gaan,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het hierdie mense na Gerut-Kimham naby Betlehem gevat. Daarvandaan sou hulle Egipte toe gaan.