Jeremiah 41:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Johanan, die seun van Kareag, geneem en al die owerstes van die leërs wat by hom was, die hele oorblyfsel van die volk wat hy van Ismael, die seun van Netánja, uit Mispa teruggekry het, nadat hy Gedalja, die seun van Ahikam, gedood het, ja, krygsmanne en die vroue en die kinders en die eunugs wat hy uit Gíbeon teruggebring het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Joganan en sy offisiere het al die mense weggelei wat hulle uit Ismael se hande gered het. Hierdie was mense wat in Mispa oorleef het nadat Ismael Gedalja seun van Agikam doodgemaak het. Onder hulle was soldate, vroue, kinders en paleisamptenare wat hy uit Gibeon saamgebring het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, die hele oorblyfsel van die volk geneem wat Ismael, die seun van Net nja, uit Mispa as gevangenes weggevoer het, nadat hy Ged lja, die seun van Ah¡kam, verslaan het -- naamlik manne, krygsmanne, en vroue en kinders en hofdienaars, wat hy van G¡beon teruggebring het. |
| Afrikaans 1983 | Joganan seun van Kareag en al die leëraanvoerders by hom het al die mense saamgeneem wat oor was, al die mans, die soldate, die vrouens, kinders en ontmandes wat hy by Gibeon bevry het en wat deur Ismael seun van Netanja weggevoer was uit Mispa nadat hy vir Gedalja seun van Agikam vermoor het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joganan, seun van Kareag, en al die bevelvoerders van die leërafdelings by hom, het almal wat van die volk oorgebly het, saamgeneem, almal wat hy van Ismael, seun van Netanja, uit Mispa teruggebring het, nadat dié vir Gedalja, seun van Agikam, neergevel het. Dit was die mans, krygsmanne, vroue en kinders en eunugs wat hy uit Gibeon teruggebring het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joganan en al die offisiere wat by hom was, het toe al die mense saamgeneem wat oorgebly het en wat hulle by Gibeon vrygemaak het. Dit was al die mans en soldate en vroue en kinders en amptenare vir wie Ismael gevang het nadat hy vir Gedalja vermoor het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joganan en sy offisiere het al die mense wat hulle uit Ismael se hande gered het, van Gibeon af weggevat. Onder hulle was al die mans, soldate, vroue, kinders en paleisamptenare wat Ismael gevang het. |