Jeremiah 41:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat toe die hele manskappe wat by Ismael was, Johanan, die seun van Kareag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, sien, was hulle bly.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die mense wat Ismael gevang het Joganan en sy offisiere sien, was hulle baie bly.
Afrikaans 1933/1953 En toe die hele volk wat by Ismael was, Johanan, die seun van Kar,ag, sien en al die owerstes van die leërs saam met hom, was hulle bly;
Afrikaans 1983 [13-14] Al die mense by Ismael, die mense wat hy gevange uit Mispa weggevoer het, was bly toe hulle vir Joganan seun van Kareag en al die leëraanvoerders by hom sien. Hulle het omgedraai en teruggekom na Joganan seun van Kareag toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe al die mense wat by Ismael was, vir Joganan, seun van Kareag, en al die bevelvoerders van die leërafdelings by hom, sien, was hulle bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe al die mense wat by Ismael was, vir Joganan en die offisiere by hom sien, was hulle baie bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die mense wat deur Ismael gevang is, vir Joganan en sy manskappe sien, het hulle geskree omdat hulle bly was.