Jeremiah 41:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die sewende maand het Ismael, die seun van Netánja, die seun van Elisama, uit die koninklike geslag, en die vorste van die koning, tien man saam met hom, by Gedalja, die seun van Ahikam, in Mispa aangekom; en daar het hulle saam brood geëet in Mispa.
Afrikaans (NLV) 2011 In die middel van herfs daardie jaar het Ismael en tien van sy mense by Gedalja in Mispa aangekom. Ismael was die seun van Netanja en die kleinseun van Elisama. Hy was van koninklike afkoms en een van die koning se offisiere. Terwyl hulle in Mispa saam met Gedalja geëet het,
Afrikaans 1933/1953 Maar in die sewende maand het Ismael, die seun van Net nja, die seun van Elis ma, uit die koninklike geslag en uit die owerstes van die koning, en tien man saam met hom by Ged lja, die seun van Ah¡kam, gekom in Mispa; en hulle het daar saam brood geëet, in Mispa.
Afrikaans 1983 Ismael seun van Netanja, seun van Elisama, was uit die koninklike geslag en was een van die hoofamptenare van koning Sedekia. Hy en tien man het in die sewende maand na Gedalja seun van Agikam toe gekom in Mispa, en terwyl hulle daar saam geëet het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die sewende maand het Ismael, seun van Netanja, seun van Elisama, verwant aan die koninklike familie en hoofamptenare van die koning, met tien manne saam met hom, by Gedalja, seun van Agikam, in Mispa aangekom. Terwyl hulle daar in Mispa saam geëet het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ismael was familie van die konings van Juda en hy was een van hulle belangrike amptenare. Hy en tien manne het in die sewende maand na Gedalja toe gekom in die stad Mispa. Toe hulle een dag daar in Mispa saam geëet het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die middel van die herfs daardie jaar het Ismael en tien van sy mense by Gedalja in Mispa aangekom. Ismael was die seun van Netanja en die kleinseun van Elisama. Hy het uit die koninklike familie gekom en was een van die koning se offisiere. Gedalja het hulle vir ete genooi. Terwyl hulle nog so by die tafel sit,