Jeremiah 40:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Gedálja, die seun van Ahikam, die seun van Safan, het vir hulle en hulle manne gesweer en gesê: Wees nie bevrees om die Chaldeërs te dien nie; bly in die land en dien die koning van Babel, en dit sal met julle goed gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gedalja seun van Agikam, kleinseun van Safan, het die offisiere en hulle manskappe verseker: “Julle hoef nie bang te wees om die Babiloniërs te dien nie. Bly hier in die land en dien die koning van Babel, en dit sal goed gaan met julle. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, het vir hulle en hulle manskappe gesweer en gesê: Wees nie bevrees om die Chaldeërs te dien nie; bly in die land en dien die koning van Babel; dan sal dit goed met julle gaan. |
| Afrikaans 1983 | Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, het die manne met 'n eed die versekering gegee dat hulle nie bang hoef te wees om hulle aan die Galdeërs te onderwerp nie: “Bly in die land en onderwerp julle aan die koning van Babel, dit sal goed gaan met julle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gedalja, seun van Agikam, seun van Safan, het vir hulle en hulle manskappe 'n eed afgelê: “Moenie bang wees om die Galdeërs te dien nie. Bly in die land en dien die koning van Babilonië, dan sal dit goed gaan met julle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gedalja seun van Agikam seun van Safan het vir die offisiere en hulle manne gesê: “So seker soos die Here lewe, julle moenie bang wees vir die amptenare van die Galdeërs nie. Julle moet in die land woon en vir die koning van Babel werk, dan sal dit goed gaan met julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gedalja het sy woord vir hierdie offisiere en hulle manskappe gegee. Hy het hulle belowe dat niks met hulle sal gebeur as hulle hulle aan die Babiloniërs oorgee nie. Hulle hoef nie bang te wees nie. Hy het gesê: “Bly hier in die land en werk saam met die koning van Babel. Dan sal dit met julle goed gaan. |