Jeremiah 40:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hy nog nie teruggegaan het nie, het hy gesê: Gaan ook terug na Gedalja, die seun van Ahikam, die seun van Safan, wat die koning van Babel as goewerneur oor die stede van Juda aangestel het, en woon by hom onder die volk; waar dit vir jou gerieflik lyk om te gaan. Toe het die owerste van die lyfwag hom voedsel en 'n beloning gegee en hom laat gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy kies om te bly, gaan dan na Gedalja seun van Agikam, die kleinseun van Safan. Hy is deur die koning van Babel as goewerneur van die dorpe in Juda aangestel. Jy kan daar by hom bly tussen die mense oor wie hy aangestel is. Maar dit is jou keuse, jy kan gaan net waar jy wil.” Nebusaradan het toe vir Jeremia kos en geld gegee. Daarna het hy hom laat gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy nog nie omgedraai het nie, sê hy: Gaan dan terug na Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, wat die koning van Babel oor die stede van Juda aangestel het, en woon by hom onder die volk, of gaan waar dit ook al reg is in jou oë om te gaan. Daarop het die owerste van die lyfwag vir hom padkos en 'n geskenk gegee, en hom laat gaan. |
| Afrikaans 1983 | Nog voordat Jeremia kon antwoord, het Nebusaradan verder gesê: “Of gaan na Gedalja toe, seun van Agikam seun van Safan, wat deur die koning van Babel in bevel geplaas is van die stede van Juda. Bly by hom tussen jou mense, of gaan waar dit jou ook al pas.” Die hoof van die lyfwag het vir Jeremia kos en geskenke gegee en hom laat gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het nog nie geantwoord nie, toe sê Nebusaradan: “Keer dan terug na Gedalja, seun van Agikam, seun van Safan, wat die koning van Babilonië oor die dorpe van Juda aangestel het, en bly saam met hom tussen die mense, of gaan waarheen dit ook al vir jou reg lyk om te gaan.” Die aanvoerder van die lyfwag het toe vir hom padkos en 'n geskenk gegee, en hom laat gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En as daar nie mense is waar jy wil woon nie, dan moet jy terugkom na Gedalja seun van Agikam seun van Safan toe. Die koning van Babel het vir Gedalja gekies en aangestel om te regeer oor die stede van Juda. Jy moet by hom bly saam met die mense, of jy kan gaan na enige plek waar jy wil.” Die hoof-offisier het vir Jeremia padkos en presente gegee en hy het Jeremia laat gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net toe Nebusaradan wou loop, draai hy na Jeremia en sê: “As jy bly, gaan dan na Gedalja toe wat die seun van Agikam en die kleinseun van Safan is. Hy is deur die koning van Babel as bestuurder van die stede in Juda aangestel. Jy kan daar by hom bly tussen die mense oor wie hy aangestel is. Maar dit is vir jou om te kies, jy kan gaan net waar jy lus het.” Nebusaradan het toe vir Jeremia ’n voorraad kos en ’n geskenk gegee. Toe het hy hom laat gaan. |