Jeremiah 40:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, kyk, ek maak jou vandag los van die kettings wat aan jou hand was. As dit vir jou goed is om saam met my na Babel te gaan, kom; en ek sal goed na jou kyk; maar as dit in jou oë sleg is om saam met my na Babel te gaan, laat staan dit; kyk, die hele land lê voor jou; waar dit vir jou goed en gerieflik lyk om te gaan, gaan daarheen.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gaan nou jou boeie afhaal en dan is jy vry. Jy is welkom om saam met my na Babel toe te gaan. Ek sal goed vir jou sorg. Maar as jy verkies om hier in Jerusalem te bly, is dit ook goed. Jy is nou vry om te gaan net waar jy wil in die land.
Afrikaans 1933/1953 Nou dan, kyk, ek ontslaan jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is; as dit goed is in jou oë om saam met my na Babel te gaan -- kom, en ek sal my oog oor jou hou; maar as dit verkeerd is in jou oë om saam met my na Babel te kom, laat dit staan. Kyk, die hele land lê vir jou oop; waar dit goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen.
Afrikaans 1983 Maar ek gaan nou die kettings aan jou hande losmaak. As jy wil, kom saam met my na Babel toe, ek sal vir jou sorg. As jy nie met my wil saamkom Babel toe nie, ook goed. Die hele land is tot jou beskikking. Jy kan gaan waar jy dit goedvind, waar dit jou pas.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nou, kyk, ek bevry jou vandag van die handboeie wat aan jou hande is. As jy dit goedvind om saam met my na Babel te gaan, kom dan! Ek sal my oog oor jou hou. Maar as jy dit nie goedvind om saam met my na Babel te gaan nie, laat dit daarby! Kyk, die hele land lê oop voor jou – waar jy dit ook al goed en reg vind om heen te gaan, gaan daarheen!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar kyk, ek haal nou die kettings van jou arms af. As jy wil, kom saam na Babel en ek sal vir jou sorg. As jy nie wil saamkom na Babel nie, bly hier. Kyk, die hele land is hier vir jou. Jy mag gaan waarnatoe jy wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gaan nou jou boeie afhaal en dan is jy vry. Jy is meer as welkom om saam met my na Babel toe te gaan. Ek sal goed vir jou sorg. Maar as jy verkies om hier in Jerusalem te bly, is dit ook goed. Jy is nou vry om te gaan net waar jy wil in die land.”