Jeremiah 40:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou het die HERE dit gebring en gedoen soos Hy gespreek het: omdat julle teen die HERE gesondig het en na sy stem nie geluister het nie, daarom het hierdie saak oor julle gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is presies wat nou gebeur. Die rede hiervoor is omdat hulle teen die Here gesondig het en Hom nie gehoorsaam het nie.
Afrikaans 1933/1953 en die HERE het dit laat kom en gedoen soos Hy gespreek het, omdat julle gesondig het teen die HERE en nie geluister het na sy stem nie; daarom het dit oor julle gekom.
Afrikaans 1983 en Hy het dit laat gebeur soos Hy gesê het. Omdat julle gesondig het en ongehoorsaam was aan Hom, daarom het dié ramp julle getref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die Here het dit laat gebeur en gedoen soos Hy gesê het. Omdat julle teen die Here gesondig het en nie na sy stem geluister het nie, het hierdie dinge met julle gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou God het laat gebeur wat Hy gesê het, Hy het dit gedoen omdat julle sonde gedoen het teen Hom en nie gehoorsaam was aan Hom nie. Daarom het hierdie ding met julle gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is presies wat nou gebeur. Hulle het verkeerde dinge gedoen waarvan die Here net mooi niks hou nie. Hulle steur hulle ook nie aan wat Hy van hulle verwag nie.