Jeremiah 40:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Jóhanan, die seun van Kareag, in die geheim met Gedalja in Mispa gespreek en gesê: Laat my tog gaan, en ek sal Ismael, die seun van Netanja, doodmaak, en niemand sal dit weet nie; waarom sou hy jou doodmaak, dat al die Jode wat by jou versamel is, sou verstrooi word en die oorblyfsel in Juda omkom?
Afrikaans (NLV) 2011 Kort hierna het Joganan in die geheim met Gedalja in Mispa gaan praat. Hy het aangebied om Ismael dood te maak sonder dat iemand daarvan sal weet. Hy het gesê: “Hoekom sal ons hom toelaat om u te vermoor? As dit gebeur, sal al die Judeërs wat teruggekom het, net weer uitmekaargedryf word en die groep mense wat in Juda agtergebly het, sal tot niet gaan.”
Afrikaans 1933/1953 Toe het Johanan, die seun van Kar,ag, in die geheim met Ged lja in Mispa gespreek en gesê: Laat my tog gaan en Ismael, die seun van Net nja, verslaan sonder dat iemand dit weet. Waarom sou hy u doodslaan en die hele Juda wat by u versamel is, verstrooi word en die oorblyfsel van Juda tot niet gaan?
Afrikaans 1983 Joganan seun van Kareag het in die geheim aan Gedalja in Mispa 'n plan voorgelê: “Laat ek vir Ismael seun van Netanja gaan doodmaak. Niemand sal weet dat jy iets daarmee te doen het nie. Waarom moet hy jou kom vermoor en moet al die Judeërs wat om jou versamel het, uitmekaargejaag word en waarom moet wat daar nog van Juda oor is, tot niet gaan?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joganan, seun van Kareag, het in Mispa in die geheim vir Gedalja gesê: “Laat ek gaan en Ismael, seun van Netanja, doodslaan; niemand sal dit weet nie. Waarom moet hy jou om die lewe bring? Waarom moet die hele Juda wat by jou byeengekom het, verstrooi word, en die oorblyfsel van Juda tot niet gaan?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Joganan alleen by Gedalja in Mispa was, het hy vir Gedalja gesê: “Asseblief, ek sal vir Ismael gaan vermoor. Niemand sal dit weet nie. Hoekom moet hy jou vermoor en al die Judeërs wegjaag na al die kante toe, die Judeërs wat hier by jou bymekaargekom het? As dit gebeur, dan sal daar niks van die Judeërs oorbly nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Later het Joganan privaat met Gedalja in Mispa gepraat. Hy het aangebied om sonder dat iemand daarvan weet, vir Ismael te gaan doodmaak. Hy het gesê: “Hoekom sal ons hom toelaat om u te kom vermoor? As hy dit regkry, sal al die Jode wat teruggekom het omdat u hier is, net weer uitmekaargedryf word. Daar sal ook niks oorbly van die groep mense in Juda wat nie uit die land weggevat is nie.”