Jeremiah 40:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Selfs al die Jode het teruggekeer van al die plekke waarheen hulle verdryf is, en in die land Juda gekom, in Gedalja, in Mispa, en baie wyn en somervrugte ingesamel.
Afrikaans (NLV) 2011 het hulle uit al die plekke waarheen hulle gevlug het, na die land Juda teruggekeer. Hulle het eers na Gedalja in Mispa gegaan. Daarna het hulle ’n groot oes van druiwe en somervrugte begin insamel.
Afrikaans 1933/1953 daarom het al die Jode teruggekom uit al die plekke waarheen hulle verdryf was, en in die land Juda na Ged lja gekom, in Mispa; en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte ingesamel.
Afrikaans 1983 Al dié Judeërs het toe uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, teruggekom na Juda toe en hulle het na Gedalja toe gegaan in Mispa. Hulle het 'n baie groot wyn- en vrugteoes ingesamel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die Judeërs het toe teruggekeer uit al die plekke waarheen hulle verdryf was. Hulle het na die land van Juda gekom, na Gedalja in Mispa. Hulle het baie groot hoeveelhede wyn en somervrugte ingesamel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Judeërs het toe teruggekom uit die lande waarnatoe hulle gevlug het. Hulle het na Gedalja toe gegaan in Mispa en hulle het baie wyn en vrugte bymekaargemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het hulle uit al die plekke waarnatoe hulle gevlug het, teruggekom na die land Juda toe. Hulle het eers na Gedalja in Mispa toe gegaan. Daarna het hulle ’n groot oes van druiwe en vrugte begin insamel.