Jeremiah 40:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So ook toe al die Jode wat in Moab en onder die Ammoniete en in Edom en wat in al die lande was, hoor dat die koning van Babel 'n oorblyfsel van Juda agtergelaat het en dat hy die seun Gedalja oor hulle aangestel het van Ahikam, die seun van Safan; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Judeërs wat in Moab, Ammon en Edom en ook in ander buurlande was, het gehoor dat die koning van Babel ’n groep mense in Juda agtergelaat het. Toe hulle verder ook gehoor het dat hy Gedalja as goewerneur van Juda aangestel het, |
| Afrikaans 1933/1953 | En ook al die Jode wat in Moab en onder die kinders van Ammon en in Edom en wat in al die lande was, het gehoor dat die koning van Babel vir Juda 'n oorblyfsel nagelaat het; en dat hy Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, oor hulle aangestel het; |
| Afrikaans 1983 | Al die Judeërs wat in Moab en tussen die Ammoniete en in Edom en in ander lande was, het gehoor dat die koning van Babel party mense in Juda laat bly het en dat hy vir Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, in bevel geplaas het oor hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook al die Judeërs wat in Moab en by die Ammoniete en in Edom en al die ander lande was, het gehoor dat die koning van Babilonië 'n oorblyfsel vir Juda agtergelaat het, en dat hy Gedalja, seun van Agikam, seun van Safan, oor hulle aangestel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was ook Judeërs in Moab en by die Ammoniete en in Edom en in ander lande. Hulle almal het gehoor dat die koning van Babel party mense in Juda laat bly het en dat hy vir Gedalja gekies en aangestel het om oor hulle te regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Jode wat in Moab, Ammon en Edom en ook in ander buurlande was, het gehoor dat die koning van Babel ’n groep mense in Juda agtergelaat het. Toe hulle verder hoor dat hy Gedalja as bestuurder van Juda aangestel het, |