Jeremiah 40:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat my betref, kyk, ek sal in Mispa woon om die Chaldeërs te dien wat na ons toe sal kom; maar julle, versamel wyn en somervrugte en olie en sit dit in julle voorwerpe en woon in julle stede wat julle geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal hier in Mispa bly en namens julle met die Babiloniërs wat ons kom besoek, onderhandel. Bly in die dorpe wat julle oorgeneem het en oes julle druiwe, vrugte en olywe en stoor dit in houers.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek self, kyk, ek woon in Mispa om voor die Chaldeërs te staan wat na ons sal kom. Samel julle dan wyn en somervrugte en olie in en gooi dit in julle bakke, en woon in julle stede wat julle in besit kan neem. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan hier in Mispa bly om tot beskikking te wees van die Galdeërs wat hier na ons toe kom. Julle kan wyn, vrugte en olie bymekaarmaak en bêre en in die dorpe gaan woon wat julle beset.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat my betref – kyk, ek gaan in Mispa bly in diens van die Galdeërs, wat na ons toe sal kom. Maar julle, samel wyn, somervrugte en olyfolie in en plaas dit in julle houers! Gaan woon dan in julle dorpe waarvan julle die beheer oorneem!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek moet hier in Mispa bly, ek sal vir die Galdeërs wat hiernatoe kom, doen wat hulle nodig het. Maar julle kan vir julle wyn en vrugte en olyf-olie bymekaarmaak en dit in julle kruike sit. Dan kan julle gaan woon in die stede wat julle gevat het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal hier in Mispa bly en namens julle met die Babiloniërs onderhandel wat ons kom besoek. Maar oes julle druiwe, vrugte en olywe en bêre dit in houers. Bly in die stede waarvan julle nou in beheer is.” |