Jeremiah 40:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het, nadat Nebusaradan, die owerste van die lyfwag, hom van Rama laat trek het, toe hy hom in boeie geboei geneem het onder almal wat weggevoer is van Jerusalem en Juda, wat weggevoer is gevange na Babel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het weer vir Jeremia ’n boodskap gegee nadat Nebusaradan, hoof van die koning se lyfwagte, hom by Rama vrygelaat het. Hy het Jeremia gekry waar hy geboei gesit het tussen ’n groep gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap op pad was na Babel.
Afrikaans 1933/1953 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het, nadat Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Rama deur hom te laat haal, terwyl hy met kettings geboei was onder al die gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap weggevoer sou word na Babel toe.
Afrikaans 1983 Die woord wat van die Here af tot Jeremia gekom het nadat die hoof van die lyfwag Nebusaradan hom in Rama vrygelaat het. Nebusaradan het vir Jeremia laat uithaal tussen die gevangenes van Jerusalem en Juda wat as ballinge op pad was na Babel toe. Jeremia was met kettings geboei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het nadat Nebusaradan, die •aanvoerder van die lyfwag, hom vrygelaat het in Rama. Toe hy hom laat haal het, is hy met handboeie geboei tussen al die ballinge van Jerusalem en Juda wat weggevoer is na Babilonië.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia het gehoor die Here praat met hom. Dit was nadat Nebusaradan, die hoof-offisier van die koning van Babel, vir Jeremia by Rama vry laat gaan het. Jeremia was met kettings vasgebind tussen die gevangenes van Jerusalem en Juda wat na Babel moes gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het weer met Jeremia gepraat. Dit was nadat Nebusaradan hom by Rama vrygelaat het. Hy het Jeremia gekry waar hy geboei gesit het tussen ’n groep mense van Jerusalem en Juda wat die Babiloniërs gevang het. Hulle was op pad na Babel as gevangenes.