Jeremiah 4:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in dié dag, spreek die HERE, sal die hart van die koning en die hart van die vorste vergaan; en die priesters sal verstom staan, en die profete sal verwonderd wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “In dié tyd sal die moed van die koning en sy amptenare hulle begewe. Die priesters sal verslae wees en die profete sal verstom staan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die dag, spreek die HERE, sal die moed van die koning en die moed van die vorste vergaan, en die priesters sal verskrik wees en die profete verstom staan. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag, sê die Here, sal die koning en die amptenare se moed hulle begewe, die priesters sal verslae staan en die profete sal nie weet waarheen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Op daardie dag,” is die uitspraak van die Here, “sal die koning en sy •hoë amptenare se moed hulle begewe. Die priesters sal geskok wees, die profete sal verslae staan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Daardie dag sal die koning en die amptenare bang wees, die priesters sal nie weet wat om te doen nie, die profete sal nie weet wat om te sê nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “In daardie tyd sal die koning en die amptenare se moed hulle begewe. Die priesters sal verslae wees en die profete sal verstom staan.” |