Jeremiah 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die leeu het uit sy bos opgekom, en die verderwer van die heidene is op pad; hy het uit sy plek uitgetrek om jou land 'n woesteny te maak; en jou stede sal verwoes word, sonder inwoner. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Leeu het opgestaan uit sy lêplek. Die verwoester is op pad. Julle dorpe sal verwoes lê, sonder enige inwoners. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Leeu het opgekom uit sy bos en 'n verderwer van nasies het weggetrek, uitgegaan uit sy plek om jou land 'n woesteny te maak; jou stede sal verwoes word, sonder inwoners. |
| Afrikaans 1983 | Die leeu het opgestaan uit sy lêplek, die vernietiger van die nasies is op pad, hy het uit sy blyplek uitgegaan om jou land te verwoes. Jou stede sal in puin lê, sonder inwoners. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Leeu het uit sy ruigte opgestaan, 'n verskeurder van volke is op pad. Hy het sy lêplek verlaat om van jou land 'n skrikbeeld te maak. Jou stede verval, is sonder inwoners. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande wat volke doodmaak, kom, hulle kom soos 'n leeu wat uit 'n bos kom, hulle kom om julle land leeg te maak, hulle sal julle stede verwoes, daar sal nie mense woon nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat nasies vernietig, is op pad na julle toe. Hy maak net soos ’n leeu wat uit sy lêplek opstaan en sy prooi bekruip. Hy sal groot skade aan die land doen en verwoesting in julle stede saai. Daar sal geen mense in die stede meer bly nie. |