Jeremiah 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verkondig julle in Juda, en verkondig dit in Jerusalem; en sê: Blaas die basuin in die land; roep, kom bymekaar en sê: Kom bymekaar, en laat ons na die beskutte stede ingaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Verkondig dit in Juda, vertel dit in Jerusalem en sê: ‘Maak alarm sodat elkeen dit kan hoor!’ Skreeu hard en sê: ‘Laat almal byeenkom. Laat ons skuil in die versterkte dorpe.’
Afrikaans 1933/1953 Verkondig in Juda en laat dit hoor in Jerusalem en sê: Blaas die basuin in die land! Roep hardop en sê: Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan!
Afrikaans 1983 Vertel dit in Juda, maak dit in Jerusalem bekend en sê: “Blaas die ramshoring in die land!” Roep hard en sê: “Kom bymekaar, laat ons in die vestingstede ingaan!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Bring berig in Juda! Kondig dit aan in Jerusalem, en sê, ‘Blaas •ramshorings in die land!’ Roep uit volle bors, en sê, ‘Kom bymekaar! Laat ons die versterkte stede binnegaan!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Praat met die mense van Juda en Jerusalem, blaas die ramshoring in die land, skree hard en sê: “Kom bymekaar, ons moet gaan na die stede wat sterk mure het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maak ’n aankondiging in Juda en Jerusalem en sê: Maak alarm sodat die hele land dit kan hoor! Skree hard en roep almal om bymekaar te kom en te kom wegkruip in die stede wat spesiaal sterk en veilig gemaak is.