Jeremiah 4:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Besny julle vir die HERE en neem die voorhuide van julle hart weg, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, sodat my grimmigheid nie soos vuur uitgaan en brand sonder dat iemand dit kan blus nie, vanweë die boosheid van julle handelinge.
Afrikaans (NLV) 2011 Maak julle harte en gedagtes skoon voor die Here, inwoners van Juda en Jerusalem. Anders sal my woede oor julle uitbreek oor julle sonde, soos ’n vuur wat niemand kan blus nie.”
Afrikaans 1933/1953 Besny julle vir die HERE en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos 'n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.
Afrikaans 1983 Wy julle aan die diens van die Here, en verwyder alle ontrou uit julle harte, mense van Juda, inwoners van Jerusalem, sodat my toorn oor julle bose dade nie losbreek soos 'n vuur en bly brand sonder dat dit geblus word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Besny julleself vir die Here; verwyder die voorhuid van julle harte, manne van Juda en inwoners van Jerusalem. Anders breek my woede los soos 'n vuur en brand sonder dat iemand dit blus, vanweë julle bose dade. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van Juda en Jerusalem, julle moet bewys dat julle aan My behoort. Julle laat julle besny, maar julle moet ook julle harte verander. As julle dit nie doen nie, dan sal Ek julle straf oor al die slegte dinge wat julle gedoen het. Die straf sal wees soos 'n vuur wat aanhou brand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom staan voor My, die Here, met ’n hart en gedagtes wat skoon is. As dit nie gebeur nie, sal Ek verskriklik kwaad word. Ek word so kwaad vir al die verkeerde goed wat die mense van Jerusalem doen dat my woede soos ’n vuur brand wat niemand kan doodkry nie.