Jeremiah 4:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek het 'n stem gehoor soos van 'n vrou wat baar, en die angs soos van haar wat haar eersteling baar, die stem van die dogter van Sion, wat haarself beween, wat haar hande uitbrei en sê: Wee is my nou! want my siel is moeg vanweë moordenaars.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek hoor ’n uitroep van pyn soos ’n vrou wat kraam, ’n kreet van iemand wat haar eerste kind in die wêreld bring. Ek hoor die dogter van Sion snak na haar asem. Sy pleit om hulp. Sy kniel voor haar moordenaars.
Afrikaans 1933/1953 Want ek het gehoor 'n stem soos van een wat inmekaar krimp, 'n benoudheid soos van een wat die eerste keer baar, die stem van die dogter van Sion; sy hyg na asem, sy brei haar hande uit en sê: Wee my tog, want my siel is magteloos teenoor die moordenaars.
Afrikaans 1983 Ek hoor 'n geskreeu soos van iemand wat in kraam is, 'n benoude kreet soos van 'n vrou wat haar eerste kind in die wêreld bring. Ek hoor vir Sion wat na haar asem hyg, wat haar hande smekend uitsteek en sê: “Ellende wag vir my! Ek is weerloos teen my moordenaars!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, ek het 'n kreet gehoor soos van iemand in pyn – benoudheid soos van 'n vrou wat aan haar eersteling geboorte gee. Dit is die kreet van die dogter van Sion; sy snak na asem, sy strek haar hande uit: “Wee my! Ek is gedaan, my lewe behoort aan moordenaars!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, Ek hoor iemand skree soos 'n vrou wat haar eerste baba kry. Dit is Jerusalem wat nie asem kry nie, wat haar hande uitsteek en sê: ‘Dit gaan sleg met my, ek kan niks meer doen nie, hulle vermoor my.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek hoor ’n uitroep van pyn. Dit klink net soos ’n vrou wat haar eerste kind in die wêreld bring. Dit is die mense van Jerusalem wat so hyg om asem te kry. Hulle steek hulle hande in wanhoop uit en sê: “Ons voel ellendig. Ons is so kwesbaar voor die moordenaars!”