Jeremiah 4:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jy geplunder word, wat sal jy doen? Al beklee jy jou met karmosyn, al versier jy jou met goue versierings, al skeur jy jou aangesig met verf, tevergeefs sal jy jou mooi maak; jou minnaars sal jou verag, hulle sal jou lewe soek.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat probeer jy doen, jy wat gestroop is? Hoekom trek jy vir jou ’n rooi rok aan, versier jy jou met goue juwele? Hoekom maak jy jou oë mooi met maskara? Jy maak jou verniet mooi! Jou bondgenote het jou verwerp en soek jou lewe.
Afrikaans 1933/1953 En jy, verwoeste, wat gaan jy doen? Al trek jy skarlaken klere aan, al versier jy jou met goue sieraad, al laat jy jou oë groter lyk met swart verf -- tevergeefs maak jy jou mooi; minnaars versmaad jou, hulle soek jou lewe.
Afrikaans 1983 Maar jy, verlatene, wat maak jy nou? Wat klee jy jou met bloedrooi klere; wat versier jy jou met goue versiersels, waarvoor smeer jy oogverf aan! Jy maak jou verniet mooi! Jou minnaars het jou verwerp, hulle soek jou lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En jy, verwoeste, wat gaan jy doen? Al klee jy jou in karmosyn, al tooi jy jou met juwele van goud, al laat jy jou oë groter lyk met grimering – tevergeefs maak jy jou mooi. Minnaars verag jou; dit is jou lewe wat hulle soek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy, Jerusalem, stad wat verwoes is, hoekom maak jy soos 'n vrou wat rooi klere aantrek en goue juwele aansit en oogverf aan haar oë smeer? Jy het jou mooigemaak, maar dit help niks. Jy het probeer om vriende te maak, maar jou vriende haat jou nou en hulle wil jou doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat probeer jy doen, Jerusalem? Jy is ’n stad wat kaal gestroop is. Hoekom probeer jy aandag trek deur ’n rooi rok aan te trek? Hoekom trek jy feesklere aan en behang jy jou met juwele? Hoekom kleur jy jou oë in met maskara? Jy maak jou verniet mooi. Jou bondgenote sal geen respek vir jou hê nie en sal jou doodmaak.