Jeremiah 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE aan die manne van Juda en Jerusalem: Breek julle braakland op en saai nie tussen die dorings nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is wat die Here vir die mense van Juda en Israel sê: “Ploeg die harde grond van julle harte. Moenie goeie saad tussen dorings saai nie.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die HERE aan die manne van Juda en aan Jerusalem: Braak vir julle 'n braakland en saai nie onder die dorings nie.
Afrikaans 1983 So sê die Here vir die mense van Juda en Jerusalem: Ploeg vir julle 'n braakland en moenie in die dorings saai nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so sê die Here vir die manne van Juda en Jerusalem: “Breek vir julle nuwe grond oop. Moenie tussen die dorings saai nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here sê vir die mense van Juda en Jerusalem: “Julle moet weer begin, soos 'n boer wat 'n nuwe land ploeg en nie koring saai tussen die dorings nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is wat die Here vir die mense van Juda en Israel te sê het: “Soos ’n mens ’n nuwe land ploeg en voorberei, so moet hulle harte nuut voorberei word. Goeie saad moet nie tussen dorings gesaai word nie.