Jeremiah 4:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die hele stad sal vlug vir die geraas van die ruiters en boogskutters; hulle sal in die bosse ingaan en op die rotse klim: elke stad sal verlaat word, en geen man woon daarin nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Elke stad se mense vlug as hulle die klank van perde en boogskutters hoor. Hulle kruip in die bosse en tussen rotse weg. Al die dorpe is leeg, sonder ’n enkele inwoner.
Afrikaans 1933/1953 Vir die geluid van die ruiters en boogskutters vlug die hele stad; hulle het in die bosse ingegaan en op die rotse geklim; die hele stad is verlaat, en niemand woon daarin nie.
Afrikaans 1983 Voor die geluid van ruiters en boogskutters uit slaan elke stad op die vlug; hulle hardloop die bosse in, hulle klim tussen die rotse in. Elke stad lê verlate, sonder 'n enkele inwoner.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die geskreeu van strydwabemanning en boogskutters slaan elke dorp op die vlug. Hulle gaan die digte bosse in, op rotse klim hulle. Elke dorp is verlate; geen mens woon meer daarin nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense in die stad sal vlug wanneer hulle hoor dat die soldate kom, die soldate op perde en die soldate met pyl en boog. Die mense in die stad sal in die bosse in vlug en teen die rotse probeer opklim. Daar sal niemand oorbly in die stad nie, niemand sal daar woon nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die mense die geluid hoor van die vyand se magte wat nader kom, sal hulle uit vrees uit die stede vlug. Hulle sal in die bosse wegkruip of hardloop om skuiling in die berge te probeer kry. Al die stede sal leeg staan. Daar sal nie ’n mens in hulle oorbly nie.