Jeremiah 4:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hieroor sal die aarde treur en die hemel daarbo swart word: omdat Ek dit gespreek het, het Ek dit voorgeneem, en Ek sal my nie bekeer nie, en Ek sal daarvan nie terugdraai nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die aarde sal huil en die hemel donker word oor die besluit wat Ek oor my volk geneem het. Ek het klaar besluit en sal nie van plan verander nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hieroor sal die aarde treur en die hemel daarbo rou dra, omdat Ek dit gespreek, My dit voorgeneem het en Ek geen berou het en daarvan nie sal terugkom nie. |
| Afrikaans 1983 | Daaroor moet die aarde treur en die hemel daarbo donker word, want Ek het my voorneme bekend gemaak, Ek staan by my besluit, Ek sal nie van plan verander nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hieroor sal die aarde treur, en die hemel daarbo verdonker. Ja, Ek het dit aangekondig; dit is my voorneme. Ek sal nie jammer wees nie, nie daarop terugkom nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gesê wat Ek besluit het, en Ek sal dit doen. Daarom sal die plante in die land droog word en verlep, en die lug daar bo sal swart word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die aarde sal huil asof iemand dood is. Die hemel sal ook donker word. Wat is die rede hiervoor? Ek het ’n besluit geneem en Ek gaan doen wat Ek besluit het om te doen. Ek sal nie van plan verander nie.” |