Jeremiah 4:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so het die HERE gesê: Die hele land sal 'n wildernis word; tog sal ek nie 'n einde maak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het gesê: “Die land sal verwoes word, maar Ek sal dit nie heeltemal verwoes nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE: Die hele land sal 'n wildernis word, alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie. |
| Afrikaans 1983 | Ja, so sê die Here: Die hele land sal verwoes wees, maar Ek sal dit nie totaal vernietig nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, so sê die Here: “'n Woesteny sal die hele land word, maar Ek sal dit nie heeltemal tot niet maak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Here sê: “Die vyande sal die hele land verwoes, maar nie alles nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Die hele land sal dalk verwoes lê, maar Ek sal dit nie heeltemal tot niet maak nie. |