Jeremiah 4:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het gesien, en kyk, die vrugbare plek was 'n woestyn, en al die stede daarvan is afgebreek voor die aangesig van die HERE en deur sy toorngloed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe ek om my kyk, sien ek die vrugbare grond het in ’n woestyn verander. Al die dorpe het in puin gelê, want die Here het hulle vernietig in sy toorn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het gekyk, en die land van tuine was 'n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die HERE, voor sy toorngloed. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gekyk, en die vrugbare grond het in woestyn verander, al die stede het in puin gelê. Dit is die Here wat dit in sy gloeiende toorn gedoen het! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het gesien: Kyk, die boord was 'n woestyn, en al die dorpe was afgebreek deur die Here se toedoen, vanweë sy brandende toorn! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gekyk, en waar vrugtebome gegroei het, was nou 'n woestyn, en al die stede in die land was verwoes. Die Here het dit gedoen, want Hy is kwaad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe ek om my kyk, het ek gesien dat die vrugbare grond ’n woestyn geword het. Die stede het afgebreek gelê, want die Here het hulle platgevee toe Hy verskriklik kwaad was. |