Jeremiah 4:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want my volk is dwaas, hulle ken My nie; hulle is slap kinders, en hulle het geen verstand nie; hulle is wys om kwaad te doen, maar om goed te doen, het hulle geen kennis nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “My volk is dwaas, hulle ken My nie. Hulle is soos dom kinders, hulle het geen insig nie. Hulle is slim as dit kom by kwaaddoen. Maar vir goeddoen het hulle geen talent nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want my volk is dwaas; My ken hulle nie; dwase kinders is hulle, en hulle is onverstandig; slim is hulle om kwaad te doen, maar om goed te doen, weet hulle nie. |
| Afrikaans 1983 | My volk tree dwaas op, hulle erken My nie, hulle is moedswillige kinders, sonder enige begrip van wat Ek doen. Hulle is net slim as dit kom by verkeerddoen, van goeddoen wil hulle niks weet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ja, my volk is dom; Hulle ken My nie. Dwase kinders is hulle; hulle het nie insig nie. Slim om kwaad te doen, dit is hulle; maar om goed te doen, dit ken hulle nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Dit gebeur omdat my volk dwaas is, hulle ken My nie, Hulle is dom kinders, hulle is nie verstandig nie. Hulle weet baie goed om sonde te doen, hulle weet nie hoe om goed te doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “My volk is dom. Hulle ken My nie. Hulle het nie verstand nie. Dit lyk nie of hulle enigiets verstaan nie. Hulle is net slim as dit by kwaaddoen kom. Van goeddoen weet hulle net mooi niks!” |