Jeremiah 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet sweer: So waar as die HERE leef, in waarheid, in reg en in geregtigheid; en die nasies sal hulleself in Hom seën en in Hom roem.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle ’n eed sweer en my Naam gebruik, moet julle die waarheid praat. Begin reg lewe, behandel mense regverdig en doen wat reg is. As julle dit doen, sal julle die nasies van die wêreld seën. Hulle sal My kom vereer.”
Afrikaans 1933/1953 Dan sal jy sweer: So waar as die HERE leef! in waarheid, in reg en in geregtigheid; en die nasies sal hulleself in Hom seën en hulle in Hom beroem.
Afrikaans 1983 Wanneer jy 'n eed aflê en sê: “So seker as die Here leef,” moet dit in waarheid wees, moet jy reg laat geskied en reg doen. Dan sal die nasies hulle seën van die Here verwag en in Hom roem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jy sweer, ‘So waar as die Here leef’ – in trou, in reg en geregtigheid – sal nasies vir hulleself seën soek by Hom en hulle in Hom beroem. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet belowe en sê: ‘So seker soos die Here lewe,’ maar julle moet regtig wil doen wat julle sê. Dan sal die volke bid en vra dat Ek hulle moet seën, en hulle sal My prys.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle ’n plegtige belofte aflê en my Naam daarvoor gebruik, moet julle die waarheid praat. Begin om reg te lewe. Sorg dat mense regverdig behandel word en doen wat reg is. As julle dit kan regkry, sal julle baie vir die nasies van die wêreld beteken. Hulle reaksie daarop sal wees om te kom en My te aanbid.”