Jeremiah 4:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My ingewande, my ingewande! Ek is seer in my hart; my hart maak 'n geluid in my; Ek kan nie stilbly nie, want jy het gehoor, o my siel, die geluid van die basuin, die alarm van oorlog. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | O die angs, die benoudheid van my pyn! My hart klop onstuimig in my. Ek kan nie stilbly nie. Ek het trompette gehoor, die gedreun van oorlogskrete. |
| Afrikaans 1933/1953 | o My ingewande, my ingewande, ek moet bewe van angs! o Mure van my hart! My hart steun in my, ek kan nie swyg nie; want jy, my siel, het basuingeluid gehoor, oorlogsgeskreeu! |
| Afrikaans 1983 | O die krampe in my ingewande, o die benoudheid in my hart! My hart bons wild, ek kan dit nie tot bedaring bring nie, want ek het die geluid van die ramshoring gehoor, en die oorlogskrete! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | O, die pyn, die pyn in my binneste! Ek krimp ineen! O, die wande van my hart! My hart klop onstuimig in my! Ek kan nie swyg nie; want my •siel het ramshorings gehoor, ja, krygsgeskreeu! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Juda sê: “Wanneer ons hoor die ramshoring blaas en die vyande skree, dan buig ons krom van die pyn, en ons harte klop wild, ons kan nie stil wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is vreeslik, ek kan die angs nie uitstaan nie! My hart klop verskriklik, ek kan dit nie rustig kry nie! Ek het gehoor hoe hulle op die trompette blaas om die aanval te begin. Ek het ook die vyand se oorlogskrete gehoor. |