Jeremiah 4:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou weg en jou handelinge het vir jou hierdie dinge opgelewer; dit is jou boosheid, omdat dit bitter is, omdat dit tot jou hart strek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit is julle eie skuld dat dié dinge met julle gebeur. As straf kry julle van julle eie bitter medisyne. Dit maak diep seer!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Jou wandel en jou handel het jou dit aangedoen; dit is jou boosheid; ja, bitter is dit, ja, dit raak tot aan jou hart. |
| Afrikaans 1983 | Jou eie optrede, jou eie dade het hierdie dinge oor jou gebring, dis jou eie boosheid wat dit so bitter maak, wat jou in jou hart tref. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jou handel en wandel het jou dit aangedoen. Hierdie is die gevolg van jou boosheid! Ja, dit is bitter, want dit raak jou aan die hart.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sê: “Hierdie dinge gebeur met julle, want julle het verkeerd gedoen. Dit sal sleg gaan met julle, baie sleg, dit sal vir julle voel soos wanneer 'n swaard deur julle hart steek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle is self die oorsaak dat hierdie slegte goed met julle gebeur. As straf kry julle van julle eie bitter medisyne.” Dit voel soos ’n mes wat in jou hart steek. |