Jeremiah 4:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos veldwagters is hulle rondom teen haar; want sy was opstandig teen My, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle omsingel Jerusalem net soos wagte wat ’n graanland oppas. Want my volk het teen My in opstand gekom,’” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Soos veldwagters is hulle teen die stad rondom, omdat dit teen My wederstrewig was, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Soos mense wat graanlande oppas, staan hulle rondom Jerusalem, want hy het teen My gerebelleer, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos bewakers van landerye is hulle reg rondom haar, want teen My het sy in opstand gekom,’ ” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle is rondom Jerusalem soos mense wat 'n koringland oppas, want die mense van Jerusalem was opstandig teen My.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle omsingel Jerusalem net soos ’n mens sou maak om ’n graanland op te pas. Dit gebeur omdat my eie mense teen My in opstand gekom het,” sê die Here.