Jeremiah 4:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat julle die nasies noem; kyk, verkondig teen Jerusalem dat wagters uit 'n ver land kom en hulle stem laat hoor teen die stede van Juda. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Waarsku die nasies in die omgewing, laat Jerusalem dit hoor: ‘Die vyand uit ’n ver land is op pad. Hulle skreeu oorlogskrete teen die dorpe van Juda. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vermeld dit aan die nasies! Kyk, laat dit hoor teen Jerusalem! Beleëraars kom uit 'n ver land en het hulle stem verhef teen die stede van Juda. |
| Afrikaans 1983 | Vertel dit aan die nasies, maak dit aan Jerusalem bekend: Daar kom wagte uit 'n ver land, hulle beveel hulle manskappe om die stede van Juda aan te val. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Vertel dit vir die nasies! Kyk, verkondig dit aan Jerusalem! Bewakers kom uit 'n ver land; teen die stede van Juda roep hulle hardop uit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir die mense in Jerusalem sê: Die vyande is hier, hulle kom uit 'n ver land om oorlog te maak teen die stede van Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan waarsku die nasies in die omgewing en gee ook vir die mense van Jerusalem die volgende boodskap: “’n Mag wat lande en stede inneem, is uit ’n ver land op pad. Hulle beplan om die stede van Juda aan te val. |