Jeremiah 4:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O Jerusalem, was jou hart van boosheid, dat jy gered kan word. Hoe lank sal jou ydele gedagtes in jou vertoef?
Afrikaans (NLV) 2011 Jerusalem, was julle harte sodat julle gered kan word. Hoe lank wil julle nog verkeerde gedagtes koester?
Afrikaans 1933/1953 Was jou hart van boosheid, o Jerusalem, dat jy gered kan word. Hoe lank sal jou onheilsgedagtes in jou binneste vertoef?
Afrikaans 1983 Jerusalem, reinig jou hart van die kwaad, dat jy behoue kan bly. Hoe lank sal jy nog bose planne in jou omdra?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Spoel jou hart skoon van kwaad, Jerusalem, sodat jy gered kan word! Hoe lank gaan planne van onheil nog in jou midde vertoef?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Mense van Jerusalem, julle moet die sonde uit julle harte uitwas sodat Ek julle kan red. Hoe lank wil julle aanhou om slegte planne te maak?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jerusalem, was die kwaad uit julle elkeen se hart uit sodat julle gered kan word. Hoe lank wil julle nog rondloop met verkeerde gedagtes?