Jeremiah 4:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, hy kom op soos wolke, en sy strydwaens word soos 'n warrelwind; sy perde is vinniger as arende. Wee ons! want ons is bederf.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons vyand kom aan soos ’n groot onweerswolk. Die oorlogwaens kom aangejaag soos ’n orkaan. Hulle perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons gaan verwoes word!
Afrikaans 1933/1953 Kyk, soos wolke kom hy op, en soos 'n stormwind is sy strydwaens; sy perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons is verwoes!
Afrikaans 1983 Kyk, die vyand kom so skielik soos wolke, sy strydwaens kom soos 'n stormwind, sy perde is vinniger as arende. Ellende wag vir ons, dit is klaar met ons!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, soos wolke kom hy op, en soos 'n stormwind is sy strydwaens. Vinniger as arende is sy perde. “Wee ons, want ons word verwoes!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die vyande kom aan soos 'n wolk, hulle oorlogkarre is soos 'n stormwind, hulle perde is vinniger as arende.” Die mense van Jerusalem sê: “Dit gaan sleg met ons, die vyande het ons verwoes.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons vyand kom soos groot onweerswolke aan. Sy oorlogstuie kom aangejaag soos ’n orkaan. Sy perde is selfs vinniger as arende. Ons staan geen kans nie, dit is verby met ons!