Jeremiah 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê ek: Ag, HERE HERE! sekerlik het jy hierdie volk en Jerusalem grootliks verlei deur te sê: Julle sal vrede hê; terwyl die swaard tot by die siel strek.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ek gesê: “Oppermagtige Here, U het die volk en Jerusalem mislei deur te sê: ‘Hulle sal vrede hê.’ En nou is hulle lewens in gevaar!”
Afrikaans 1933/1953 Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê -- terwyl die swaard tot aan die siel raak.
Afrikaans 1983 Toe sê ek: “Ag, Here my God! U het hierdie volk en Jerusalem bedrieg. U het gesê: ‘Julle sal vrede hê,’ maar nou lê die swaard teen ons kele.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het ek gesê: “Ag, Here, my Heer! Waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei deur te sê, ‘Julle sal vrede hê,’ terwyl die swaard op die keel lê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, Jeremia, het gesê: “Ag, Here, my Here, U het hierdie volk en die mense van Jerusalem bedrieg. U het gesê hulle sal vrede hê, maar die swaarde van die vyande is al klaar teen ons keel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het ek gesê: “Ag Here, my God, U het die volk en Jerusalem mos mislei deur te sê dit sal met hulle goed gaan. Hulle lewe is dan nou in gevaar!”