Jeremiah 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy jou bekeer, o Israel, spreek die HERE, bekeer jou na My toe; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Israel, keer terug na My toe,” sê die Here. “As julle ontslae raak van die afskuwelike afgode, sal julle nie meer so rigtingloos wees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy jou bekeer, Israel, spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie. |
| Afrikaans 1983 | As jy jou wil bekeer, Israel, moet jy jou tot My bekeer, sê die Here. As jy jou afskuwelike afgode voor My wegvat, moet jy nie meer dwaal nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “As jy dan omdraai, Israel,” is die uitspraak van die Here, “moet jy na My toe omdraai. As jy jou verfoeilike afgode verwyder uit my teenwoordigheid, sal jy nie langer rondswerf nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Mense van Israel, as julle wil terugkom, dan moet julle terugkom na My toe. En as julle die vuil afgode wegvat voor My, dan moet julle nie weer verkeerd doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Israel, as julle besluit om weg te breek van wat julle nou doen, kom dan na My toe terug,” sê die Here. “As julle ontslae raak van die haatlike afgode, hoef julle mos nie meer so sonder rigting te wees nie. |