Jeremiah 39:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Nebusaradan, die owerste van die lyfwag, die oorblyfsel van die volk wat in die stad oorgebly het, en die wat oorgebly het, in ballingskap na Babel weggevoer, en die res van die volk wat oorgebly het.
Afrikaans (NLV) 2011 Nebusaradan was die bevelvoerder van die koning van Babel se persoonlike wagte. Hy het die mense wat in die stad oorgebly het, die res van die mense van Juda en dié wat reeds na die Babiloniërs oorgeloop het, na Babel toe weggevoer.
Afrikaans 1933/1953 En die deel van die volk wat nog in die stad oorgebly het en die oorlopers wat na hom oorgeloop het, en die deel van die volk wat nog oorgebly het, het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer na Babel toe.
Afrikaans 1983 Nebusaradan, die hoof van die koning van Babel se lyfwag, het dié van die volk wat in die stad oorgebly het en dié wat na hom toe oorgeloop het, die hele volk wat nog oor was, in ballingskap weggevoer na Babel toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die deel van die bevolking wat nog by die stad oor was, dié wat na hom oorgeloop het en die res van die bevolking wat oorgebly het, is deur Nebusaradan, die •aanvoerder van die lyfwag, in ballingskap weggevoer na Babilonië.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nebusaradan, die hoof-offisier van die koning van Babel, het die mense wat in Jerusalem oorgebly het, gevang en weggevat na Babel, en ook die mense wat weggeloop het na die Galdeërs toe om saam met hulle te veg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nebusaradan was die bevelvoerder van die koning van Babel se persoonlike wagte. Hy het die mense wat in Jerusalem oorgebly het, weggevat uit hulle land na Babel toe. Hy het saam met hulle ook die mense weggevat wat reeds na die Babiloniërs toe oorgeloop het. So ook die res van die mense van Juda.