Jeremiah 39:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Chaldeërs het die huis van die koning en die huise van die volk met vuur verbrand en die mure van Jerusalem afgebreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Babiloniërs het toe die paleis en die mense se huise afgebrand. Hulle het ook die stadsmure afgebreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Chaldeërs het die paleis van die koning en die huise van die volk met vuur verbrand; en die mure van Jerusalem het hulle omgegooi. |
| Afrikaans 1983 | Die Galdeërs het die paleis en die huise van die volk afgebrand en die mure van Jerusalem platgeslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die paleis van die koning en die huise van die volk het die Galdeërs afgebrand, en die stadsmure van Jerusalem het hulle afgebreek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Galdeërs het die paleis en die huise in Jerusalem afgebreek en hulle het die stad verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Babiloniërs het toe die paleis en die mense se huise in Jerusalem aan die brand gesteek. Hulle het ook die stadsmure afgebreek. |