Jeremiah 39:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die leër van die Chaldeërs het hulle agternagesit en Sedekía ingehaal in die vlaktes van Jérigo; en nadat hulle hom ingeneem het, het hulle hom na Nebukadnésar, die koning van Babel, na Ribla in die land Hamat gebring, waar hy oordeel oor hom gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Babiloniërs het hom agtervolg en koning Sedekia op die vlaktes by Jerigo ingehaal. Hulle het hom gevang en hom na Nebukadnesar, koning van Babel, toe gebring. Nebukadnesar was in Ribla in die Hamatgebied. Daar het hy vir Sedekia gesê hoe hy hom gaan straf.
Afrikaans 1933/1953 Maar die leër van die Chaldeërs het hulle agternagejaag en Sedek¡a in die vlaktes van J,rigo ingehaal en hom gevang en hom gebring na Nebukadr,sar, die koning van Babel, na Ribla in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.
Afrikaans 1983 Maar die leër van die Galdeërs het hulle agtervolg en vir Sedekia in die Jerigovlakte ingehaal en gevang. Hulle het hom na Nebukadnesar toe in Ribla in Hamat gebring en daar het hy Sedekia se vonnis uitgespreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die leër van die Galdeërs het hulle agternagesit, en Sedekia op die vlaktes by Jerigo ingehaal. Hulle het hom gevange geneem en hom na Nebukadresar, die koning van Babilonië, na Ribla, in die land Hamat, geneem, en hy het vonnisse oor hom uitgespreek:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die soldate van die Galdeërs het hulle gevolg en gejaag en hulle het vir Sedekia gekry op die droë gelyk grond by die stad Jerigo. Hulle het hom gevang en hulle het hom na koning Nebukadnesar toe gebring in die stad Ribla in die land Hamat. Nebukadnesar het besluit hoe hy vir Sedekia wil straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Babiloniërs het hulle agtervolg en Sedekia op die vlakte by Jerigo ingehaal. Hulle het Sedekia gevang en hom na Nebukadnesar, koning van Babel, toe gebring. Nebukadnesar was in Ribla in die Hamatgebied. Daar het hy vir Sedekia gesê hoe hy hom gaan straf.