Jeremiah 39:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Sedekía, die koning van Juda, hulle sien en al die krygsmanne, het hulle gevlug en in die nag uit die stad uitgetrek, deur die pad van die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure, en hy het uitgegaan op die pad van die vlakte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe koning Sedekia en sy soldate die Babiloniërs by die stadsingang sien, het hulle gevlug toe dit donker was. Hulle het deur die koning se tuin gegaan en by die hek tussen die twee mure uit die stad gegaan. Van daar het hulle in die rigting van die Jordaanvallei gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Sedek¡a, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug en in die nag uit die stad getrek op pad na die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure; en hy het uitgetrek op pad na die Vlakte toe. |
| Afrikaans 1983 | Toe koning Sedekia van Juda en al sy soldate sien wat gebeur, het hulle op die vlug geslaan en in die nag met 'n pad deur die Koningstuin by die hek tussen die twee mure uitgegaan en met die pad na die Jordaanvallei toe probeer wegkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe koning Sedekia van Juda en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug en in die nag met die pad deur die koning se tuin by die poort tussen die twee mure uit die stad gegaan. Hy het met die pad na die Araba uitgegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe koning Sedekia van Juda en al sy soldate die amptenare van die koning van Babel sien, het hulle gevlug. Hulle het in die nag uit die stad gegaan deur die poort tussen die twee mure, op die pad na die koning se tuin, en toe het hulle op die pad na die Jordaan-vallei verder gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe koning Sedekia en sy soldate die Babiloniërs by die stadsingang sien, het hulle gevlug toe dit donker word. Hulle het deur die koning se tuin beweeg en by die hek tussen die twee mure uit die stad uitgegaan. Daarvandaan het hulle in die rigting van die Jordaanvallei gegaan. |