Jeremiah 39:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die vorste van die koning van Babel het ingekom en in die middelste poort gaan sit, naamlik Nergal-Sareser, Samgarnebo, Sarsegim, Rabsaris, Nergal-Sareser, Rabmag, met al die oorblyfsels van die vorste van die koning van Babel.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die offisiere van die koning van Babel het in die stad ingekom en by die Middelhek gaan sit. Onder hulle was Nergal-Sareser van Sinmagir en Nebu-Sarsekim, ’n hoofoffisier, verder ook Nergal-Sareser, die koning se adviseur en baie ander.
Afrikaans 1933/1953 toe het al die vorste van die koning van Babel gekom en gaan sit in die Middelste Poort, naamlik Nergal-Sar,ser, Samgar-Nebo, S rsegim, die r bsaris, Nergal-Sar,ser, die rabmag, en al die ander vorste van die koning van Babel.
Afrikaans 1983 Die koning van Babel se offisiere, Nergal-Sareser uit Sinmagir, hoof van die strydwamag, Nebu-Sarsekim die hoofamptenaar en al die ander offisiere van die koning van Babel het in die stad ingekom en by die Middelpoort gaan sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die bevelvoerders van die koning van Babilonië het gekom en plaasgeneem in die Middelpoort. Dit was Nergal-Sareser uit Sinmagir en die rabsaries Nebosarsekim – Nergal-Sareser was die hoofbevelvoerder – en ook al die ander bevelvoerders van die koning van Babilonië.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die amptenare van die koning van Babel het in die stad gekom en hulle het by die Middel-poort gaan sit. Die amptenare was: Nergal-Sareser van Samgar, Nebu-sar-sekim die hoof-amptenaar, en al die ander amptenare van die koning van Babel. Nergal-Sareser was die hoof van die soldate wat op oorlogkarre geveg het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die offisiere van die koning van Babel het in die stad ingekom en by die hek in die middel gaan sit. Onder hierdie offisiere was Nergal-Saresar, wat van Sinmagir af kom, en Sarsekim, ’n hoofoffisier. Verder ook Nebu-Sarsekim, die aanvoerder van die leër en nog baie ander belangrike offisiere.