Jeremiah 39:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sal jou sekerlik red, en jy sal nie deur die swaard val nie, maar jou lewe sal vir jou 'n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat jy My vertrou, sal Ek jou lewe spaar. Jy sal nie in die oorlog sterf nie, Ek sal sorg dat jy veilig is. Dit is wat Ek, die Here, sê sal gebeur!’”
Afrikaans 1933/1953 Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou 'n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Ek sal jou laat ontkom, jy sal nie in die oorlog sneuwel nie. Omdat jy op My vertrou het, sal jy ontsnap, al sal jy net met jou lewe daarvan afkom, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, Ek sal jou beslis laat vrykom; deur die swaard sal jy nie val nie. Jy sal jou lewe vir jouself as buit behou omdat jy op My vertrou het,” is die uitspraak van die Here. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal jou vry laat wegkom, dit is seker. Jy sal nie in die oorlog sterf nie. Jy sal niks hê nie, maar jy sal lewe omdat jy geglo het dat Ek jou sal help.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat jy My vertrou het, sal Ek jou lewe spaar. Jy sal nie in ’n geveg doodgaan nie. Ek sal sorg dat jy veilig is.” Dit is wat die Here sê sal gebeur.