Jeremiah 39:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan spreek met Ebed-Meleg, die Kusiet, en sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel; Kyk, Ek bring my woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie; en hulle sal op daardie dag voor jou volbring word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir Ebed-Melek die Etiopiër die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘Ek gaan alles aan Jerusalem doen wat Ek gedreig het om te doen. Vir die stad wag daar nie goeie nie, maar slegte dinge. As die tyd kom, sal jy dit sien gebeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan en spreek met Ebed-Meleg, die Kusiet, en sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring my woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie, en dit sal voor jou oë vervul word in die dag. |
| Afrikaans 1983 | Gaan sê vir die Kussiet Ebed-Melek: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Wat Ek oor hierdie stad bring, is tot sy ondergang, nie tot sy redding nie. En jy sal dit sien as dit gebeur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Gaan praat met Ebed-Meleg, die Kussiet en sê, ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Kyk, Ek sal my woord teen hierdie stad in vervulling laat gaan – ten kwade en nie ten goede nie. Dit sal op daardie dag voor jou oë gebeur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir die Kussiet Ebed-Melek gaan sê: Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Kyk, Ek sal alles laat gebeur wat Ek oor hierdie stad gesê het. Dit sal sleg gaan, nie goed nie. En jy sal sien wanneer dit gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê vir Ebed-Melek wat uit Afrika kom, die Here wat die God van Israel is en sterker as alles en almal is, sê: Ek sal alles met Jerusalem doen wat Ek gedreig het om te doen. Vir die stad wag daar nie goeie dinge nie, maar baie slegte dinge gaan gebeur. As die tyd kom, sal jy dit sien gebeur. |