Jeremiah 39:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die woord van die HERE het tot Jeremia gekom terwyl hy in die voorhof van die gevangenis opgesluit was, en gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl Jeremia nog in die tronk was, het die Here vir hom ’n boodskap gegee. Hy het gesê: |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het die woord van die HERE tot Jeremia gekom, terwyl hy in die voorhof van bewaking opgesluit was, naamlik: |
| Afrikaans 1983 | Die woord van die Here het tot Jeremia gekom terwyl hy nog 'n gevangene was in die binneplaas van die paleiswag: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die woord van die Here het tot Jeremia gekom terwyl hy nog in gevangenskap was in die binnehof van die wagte se kwartiere: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jeremia nog in die binneplaas van die wagte was, het hy gehoor die Here sê vir hom: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl Jeremia nog in die tronk was, het die Here vir hom ’n opdrag gegee. Hy het gesê: |